Ons galery met sy houtvloer, hortjies-venster, dik mure, hoë plafon en natuurlike lig – bied ’n outentieke uitstalruimte in die hartjie van die Boland.
Die galery is Grevilleas gedoop na aanleiding van die eertydse naam vir die Breytenbach Sentrum. Vandag nog staan daar ’n klompie grevilleas-bome voor die sentrum – waarna dié huis oorspronklik vernoem is. Anne-Greth Erasmus, skilder en digter wat pas gedebuteer het met Die lekkerste perske is ’n vy, is ons kunskurator.
Ons gewilde galery is reeds ver vooruit bespreek, maar belangstellende kunstenaars kan Anne-Greth kontak by: galery@breytenbachsentrum.co.za
of 083 415 0002
Die digter-skilder en internasionaal gerekende, Breyten Breytenbach, stal van sy jongste werke uit by die Grevilleas Galery. Daar sal werke in akriel op doek en papier te sien wees.
Die uitstalling duur vanaf 5 Maart tot 6 April
Van die oorlog in Vietnam, tot die aanhoudende gevegte in Angola. Cloete Breytenbach se foto’s dra die soms grieselrige getuienis van die wêreldwye konflikte wat hy in 60 jaar as foto-joernalis deur sy lens waargeneem het.
Openingspreker: Kerneels Breytenbach
Opening: Saterdag 14 April, 11:00.
Die uitstalling duur tot 10 Mei
Die plaaslike skilder, Pierre Botes, bring met hierdie uitstalling verskeie lyflike landskappe bymekaar in houtskool. Jan Visser se inspirasie is duidelik sigbaar in hierdie kunstenaar se werk.
Opening: Saterdag12 Mei, 11:00.
Die uitstalling duur tot 7Junie
Die opdrag was aan verskeie kunstenaars: skep ’n beeld uit ’n gedig op ’n 30 x 30 cm skilderdoek. Die uitkoms: ’n unieke kyksensasie wat die virtuositeit van dié uiteenlopende groep kunstenaars vasvang: Jan du Toit, Theo Kleynhans, Peter Clarke, Shany van der Berg, Katrine Claasens, Judith Mason, Paul Stopforth, Diek Grobler, Keith Dietrich, Marinda du Toit, Michelle Nigrini, Retha Buitendach, Selwyn Pekeur, Wim Rautenbach, Willem Pretorius, Saar Steenkamp en Fanie Marais. Die uitstalling is ten bate van die bemagtigingswerk waarmee die Breytenbach Sentrum besig is.
Opening: Saterdag 9 Junie 11:00
Die uitstalling duur tot 5 Julie
Deur die oë van die fotograaf, Adriaan Oosthuizen, sien ons die bekoorlike Briewe uit die Tankwa-Karoo met sy mense en landskappe asof vir die eerste keer.
Opening: Saterdag 7 Julie, 11:00
Die uitstalling duur tot 16 Augustus
Hardy Botha is een van die belangrikste Suid-Afrikaanse skilders van sy tyd. Moenie hierdie besonderse uitstalling misloop nie.
Opening: Saterdag 18 Augustus, 11:00
Die uitstalling duur tot 4 Oktober
Marlise Joubert, Marieke Prinsloo, Katrine Claasens en andere vier vrouwees met hulle kreatiwiteit. Hierdie uitstalling is ter bewusmaking van borskanker-maand.
Opening: Saterdag 6 Oktober, 11:00
Die uitstalling duur tot 15 November
Die Grevilleas Galery se uitstallings sluit op ’n hoë noot af met die werke van Willie Bester. Hierdie veelsydige kunstenaar het veral naam gemaak met sy protes-werke en lewensgroot beelde uit skrootwerf-materiaal. Sy werk is internasionaal bekend.
Opening: 17 November, 11:00
Die uitstalling duur tot einde Januarie 2013



