Break a Leg-dramaskool
Is jy gebore vir die verhoog? Is jy mal oor die teaterwêreld en dagdroom oor jou eie loopbaan op die kassie? Om jou, of jou kind se drama-talente te ontwikkel, skakel gerus die Break a Leg-dramaskool, wat deur Sophia Passerini (van Vallei van Sluiers-faam) en Lindy Kriek, fotograaf en bekend vir veral omgewingspesifieke teater, aangebied word.
Kontak: Lindy Kriek by 083 419 1878.
Breyten-E-sentrum
Skakel in agter die sleutelbord in ons nuwe rekenaarsentrum en raak ‘n bekende in die kuberruim.
Kontak: Kosie Opperman van KoData MultiMedia by 021 864 3741, e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of klik op www.kodata.co.za
Earthbutter Studio
Desireé Malan leer jou hoe om imposante mosaїek- en keramiekprodukte op ‘n praktiese manier te maak.
Kontak: Desireë Malan by 082 862 3649 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of klik op www.desireemalan.co.za
Joga Klasse
Hou jou liggaam gesond en soepel in ons joga-klasse. Hierdie klasse word aangebied in die kalmerende atmosfeer van die sentrum.
Kontak: Marie Ljungqvist by 021 872 4065 / 076 885 0133 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Kreasie Stasie-kunsskool
Die Kreasie-Stasie is kunstenaar, Tessa Louw, se volwaardige kunsskool. By dié stasie word 'n omvattende teken- en skilderkursus oor 'n tydperk van 10 maande aangebied, met 'n ekstra 2 maande vir gevorderde skilderwerk. Al die verskillende mediums word in detail gedek. Skryf in en gee jou kreatiewe gees vlerke.
Kontak: Tessa Louw by 082 396 3463 of e-pos
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
vir meer inligting
Leesbevordering – Smartbrain
SmartBrain se kursusse fokus op die inoefening van klanke en klankkombinasies asook woord- en leesbegripsoefeninge. Dié oefeninge is stimulerend nie net vir kinders nie, maar ook vir volwassenes met leesprobleme.
Kontak: Yolande Schultz by 078 102 0152.
Making more music-musiekskool
Wil jy ‘n musiekinstrument bespeel, maar weet nie waar om te begin nie? Het jy talent, maar kort leiding? Morne Meyer bied klasse aan in kitaar, baskitaar, dromme, klavier en klawerbord.
Kontak: Morne Meyer by 072 229 7423 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
The Book Traders (Boekwinkel)
Vir die nuutste, tweedehandse en baie bekostigbare boeke – asook versamelingsitems wat jy nie maklik elders sal opspoor nie– maak ‘n draai by The Book Traders in die Breytenbach Sentrum.
Kontak: Esther Kotze by 021 873 7376 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Verhuring van lokale
Die Breytenbach Sentrum se lokale is te huur vir enige privaatfunksie – van konferensies, spanbou- en jaarvergaderings, tot verjaarsdae en boekbekendstellings.
Kontak: Olivia Ockhuis by 021 873 2786 of e-pos Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien vir meer inligting

Skryfskool
Tafelberg-Uitgewers en die Breytenbach Sentrum bied ‘n slypskool aan op 16 en 17 November. Dié kursus wys jou hoe die letterkunde jou leer sien, luister en voel sodat jy kan skryf. Jy leer ook hoe jy teen clichés stry: Konvensie, rebellie en die vind van ’n eie stem. Kom vind verder uit hoe jy ’n storie vertel, hoe om sommige goed ongesê te laat, om jou karakters net die nodige te laat sê en hoe om agter te kom wat die sterk punt van jou skryfwerk is en daarmee te woeker. Alle deelnemers sal gekeur word. Daar is beperkte plek beskikbaar om individuele aandag aan elke deelnemer te verseker. Stuur asseblief ‘n kortverhaal of twee hoofstukke uit ‘n roman (minimum lengte: 2 000 woorde) na Olivia Ockhuis by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . Sperdatum vir die lewering van materiaal: Maandag, 17 Oktober 2011. Koste: R1 500 (etes en verversings ingesluit). Studente mag gratis deelneem, maar sal ook gekeur word. Rig enige navrae direk aan Riana Barnard by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 021 406 2757 / 082 344 8850. Hierdie kursus word aangebied deur Francois Smith en Danie Marais. Lees meer oor hierdie twee bekwame letterkundiges op www.breytenbachsentrum.co.za
Meer inligting oor die aanbieders:
Francois Smith het ’n draai in die ingenieurswese, onderwys en joernalistiek gemaak het voordat hy hom op sy ware roeping, die letterkunde, toegespits het. Sedert 2005 is hy ’n vryskut-uitgewersredakteur, behaal in 2007 aan die Universiteit van Kaapstad ’n Ph.D. in letterkunde en help intussen verskeie top- en beginnerskrywers om sukses te behaal of die potensiaal van hul werk te verwesenlik. Van die publikasies wat onder sy leiding ontwikkel is, is P.G. du Plessis se Fees van die ongenooides, die twee volumes van Elsa Joubert se outobiografie, Dan Sleigh se Afstande en Wals met Matilda, Welma Odendaal se ’n Landskap met diere, die digbundels van Gilbert Gibson, Danie Marais en Loftus Marais, Eben Venter se Santa Gamka en Piet Steyn se suksesvolle Pine Pienaar-speurreeks. Daarby is hy ook ’n vertaler van onder meer Ray Kluun se ’n Vrou gaan dokter toe (uit die Nederlands) en die biografie Op pad met David Kramer (uit die Engels).
Danie Marais het die Afrikaanse letterkunde soos ’n bom getref. Sy poësiedebuut, In die buitenste ruimte (2006), is met die Eugène Marais-, Ingrid Jonker- en die Universiteit van Johannesburg-debuutprys bekroon. Sy tweede bundel, Al is die maan 'n misverstand (2009), het ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys gewen. Hy het in die handelsreg en onderwys gestudeer, was die samesteller van die bloemlesings Nuwe stemme 4 (poësie) en As almal ver is (prosa) en is tans besig om onder leiding van Marlene van Niekerk aan ’n roman te werk. Daarby is hy ’n deurwinterde joernalis en radio-aanbieder, ’n ervare skrywer vir verskeie media en in verskillende genres.



