Die behoefte het ontstaan om Grevilleas as ‘n multidimensionele kultuursentrum vir die gemeenskap van Suid-Afrika in te rig. Die idee is om Grevilleas op so ‘n manier te ontwikkel en te ontsluit vir verdere kulturele en skeppende aktiwiteite dat dit kan dien as verryking vir die dorp, streek en uiteindelik bydra tot die land se kulturele lewe. Ons wil graag ‘n sentrum daarstel wat aanvullend kan wees vir opleiding in, en omgang met die kunste en al haar vorme: beeldende kunste, musiek, drama en die skryfkuns.
Die sentrum is nie ‘n museum nie, maar ‘n lewendige, multidimensionele kultuursentrum waar alle belangstellendes kan deel in besprekings, idees, opleiding en werkswinkels. Dit is by uitstek nie-winsgewend.



