Nuutste produksies
Luna Paige & Schalk Joubert
Begin: Vry. 3 Sep 2010 20:00
LUNA PAIGE & SCHALK JOUBERT Niemand wat nog ooit Luna se meesleurende stem en lirieke gehoor het, het onaangeraak gebly nie. In hierdie vertoning span die jong en opwindende Luna Paige kragte...
Lees meer
Begin: Vry. 3 Sep 2010 20:00
LUNA PAIGE & SCHALK JOUBERT Niemand wat nog ooit Luna se meesleurende stem en lirieke gehoor het, het onaangeraak gebly nie. In hierdie vertoning span die jong en opwindende Luna Paige kragte...
Lees meer
OUPA EN OUMA RAAK ROMANTIES
Begin: Woens. 8 Sep 2010 20:00
Oupa en Ouma (Johan en Lida Botha) is ná oor die 70 vertonings landwyd reg vir Wellington! Hulle is al oor die 40 jaar getroud en wonder soms hoekom.Hulle stry oor nietighede wat so...
Lees meer
Begin: Woens. 8 Sep 2010 20:00
Oupa en Ouma (Johan en Lida Botha) is ná oor die 70 vertonings landwyd reg vir Wellington! Hulle is al oor die 40 jaar getroud en wonder soms hoekom.Hulle stry oor nietighede wat so...
Lees meer
DIT KOM VAN VER
Begin: Don. 23 Sep 2010 09:00
In samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland se Roots-fees, bied ons ‘n werksessie aan vir alle opkomende skrywers en digters om saam met Antjie Krog en skrywers van ander lande -...
Lees meer
Begin: Don. 23 Sep 2010 09:00
In samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland se Roots-fees, bied ons ‘n werksessie aan vir alle opkomende skrywers en digters om saam met Antjie Krog en skrywers van ander lande -...
Lees meer
Gemeenskapsprojekte
Buiten die top-vermaak wat hier aangebied word, het die Breytenbach Sentrum verskeie gemeenskapsprojekte wat gemik is om verskeie gemeenskappe uit Wellington en omgewing deur kuns te bemagtig... lees meer
HUUR VAN SENTRUMDie lokale in die Breytenbach Sentrum is ideaal om te huur vir verskeie funksies soos konferensies, werkswinkels en partytjies. Klik hier vir die besprekingsvorm. |
![]() |
|
Breytenbach Sentrum bring hulde aan Frederick Van Zyl Slabbert
Dr Van Zyl Slabbert was vanaf die ontstaan van die Breytenbach Sentrum op Wellington betrokke by ons, danksy sy jarelange vriendskap met Breyten. Daarom was dit vir ons 'n vanselfsprekende keuse om hom as die eerste beskermheer van die sentrum te benoem.Dr Van Zyl Slabbert was 'n bekende en geëerde politieke kommentator, meningsvormer, en stigter van die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (IDASA). Hy is op 1 Augustus 2008 as 13de kanselier van die US ingehuldig, maar het in September 2009 weens gesondheidsredes uit die pos bedank.
Hy het al vier sy grade aan die US verwerf en was ook dosent aan die US, hoof van die Majuba -Koshuis en voorsitter van die paneel wat in 2003 koshuistradisies aan die US ondersoek het.
Hy het ook klas gegee aan WITS en was trouens van 1972 tot 1974 hoof van die Departement Sosiologie aan die universiteit. Hy ontvang die Abe Bailey-beurs as die Amerikaanse kultuuruitruilstudent, en was ook 'n besoekende genoot aan Massachusetts Institute of Technology in 1982. Vyf jaar later word hy dosent aan die Brasenose-kollege in Oxford en was ook besoekende genoot van die All-Saints kollege, Oxford.
Hy ontvang eredoktorsgrade van die Simon Fraser-universiteit in Kanada, sowel as die universiteite van KwaZulu-Natal en die Vrystaat. Hy het verskeie boeke geskryf, o.a. The last white parliament (1986), The quest for democracy (1992), Afrikaner, Afrikaan (1999), The system and the struggle (1990) en The other side of history (2006).
Wat sy politieke betrokkenheid betref, is hy in 1974 tot parlementslid vir die Progressiewe verkies, en tree vanaf 1979 tot 1986 op as leier van die amptelike opposisie. In 1987 het hy en IDASA die bekende besoek van Afrikaner politici, akademici, en sakelui aan die ANC in DAKAR, Senegal gereël.
Die trustees en direksie van die Breytenbach Sentrum beskou dit as 'n eer dat Dr. Van Zyl Slabbert tyd kon vind om as beskermheer van die Bretenbach Sentrum op te tree. Hy het hierdie taak met onderskeiding gedoen. Ons bring daarom hulde aan hom.
(Dr Michael le Cordeur, voorsitter, namens die trustees en direksie van die BS).















